MOSSELBAAI NUUS - Benevolent Park se onlangse Vasvra-aand was 'n groot sukses wat deur almal baie geniet is.
Die organiseerders bedank al die borge vir hul bydrae.
"Sonder ons borge se donasies sou die aand nie so suksesvol gewees het nie."
Die wenners het geskenkbewyse van Botlierskop (eerste prys), Seven Seas Cruises (tweede prys) en die Romanza-bootvaarte (derde prys) ontvang.
Dié span, wenners van die eerste prys, spog met 'n geskenkbewys van Botlierskop.
Die wenners in die tweede plek met 'n geskenkbewys van Seven Seas Cruises.
Die wenspan in die derde plek ontvang 'n geskenkbewyse vir 'n vaart op die Romanza.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'