Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Saterdagoggend het rolstoelgebonde inwoners van Benevolent Park die beste gemaak van die soel somersoggend toe hulle as gaste van raadslid Marulyn Kannemeyer van Tarka met 'n heerlike piekniek in die park onthaal is.
"Ons maak die beste van die heerlike vroegsomer om inwoners van Benevolent Park 'n bietjie te bederf, inwoners wat heerlik kan kuier en met ander lede van die gemeenskap kan inskakel tydens die eerste van vele soortgelyke geleenthede in die toekoms. Die inwoners van Benevolent Park is my passie," het raadslid Kannemeyer gesê terwyl sy 'n inwoner se rolstoel bult-op na die parkie gestoot het.
Agter haar het gou 'n ry van nog inwoners in rolstoele gevolg, waarna die ouer garde heerlik onder die sambrele in die parkie vermaak is.
'n Breë glimlag vir 'n heerlike dag vir die inwoners van Benevolent Park wat rolstoelgebonde is.
Kyk 'n video hieronder:
'n Inwoner van Benevolent Park. Foto's: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'