MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier Zaida Swart het op 3 Junie haar BA Honeurs in berading ontvang.
"My leuse is: “Bemagtig jouself om sodoende ook ander te kan bemagtig,” sê Zaida.
Sy het in 2002 as 'n familieberader by Creating Effective Families (CEF) begin werk en 'n sertifikaat in berading verwerf.
In 2005 het Zaida haar diploma in Diep Emosionele Terapie gekry waarna sy as maatskaplike hulpwerker begin werk het.
Zaida het boonop ook die afgelope paar jaar as pastoor by haar plaaslike gemeenskap gewerk. Sy is steeds betrokke by die Mosselbaai-polisie se Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe.
"Ek wil alle vroue aanmoedig om hulself te bemagtig."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’