MOSSELBAAI NUUS - Motoriste word gemaan om die verkeerskruising by Danabaai se afrit uiters versigtig te benader.
Die verkeersligte sal eers Maandag weer gekoppel kan word aangesien spesifieke kabels bekom moet word en op aflewering gewag word.
Die verkeersligte is weens Maandag se onrus afgehaal.
Die munisipale verkeersbeamptes doen vir soverre moontlik alles in hul vermoë om gedurende spitstye die verkeer in die kruising te reguleer.
Daar is egter weens die skoolvakansie en veral die Sportfees groter verkeersvolumes en motoriste se samewerking sal op prys gestel word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'