MOSSELBAAI NUUS - ‘n Inwoner van Mosselbaai, Chris Huisamen is Dinsdagoggend oorlede. Huisamen het ‘n vier jaar lange stryd teen kanker geveg. Hy sou op 29 Junie, 55-jaar-oud geword het.
Huisamen was vir jare in die polisiediens en sedert 2006 assistent direkteur van Mosselbaai se forensiese Laboratorium.
Hy word oorleef deur sy vrou Celeste en dogter Winona.
Begrafnisreëlings is nog nie teen die ter perse gaan aan die media bekend gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’