MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van huisbraak- en diefstal by 'n besigheid nadat daar op die oggend van 3 Oktober by 'n bekende koffiewinkel in Voorbaai ingebreek is.
Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie sê daar is om ongeveer 01:00 die oggend by die agterkant van die koffiewinkel in Gerickestraat ingebreek.
Hoewel die alarm afgegaan het, kon die verdagte/s daarin slaag om te vlug.
'n Tweeplaatstoof en twee messe is gesteel. Die besigheid se kameras en kabels het ook skade opgedoen. "Diefstal en skade ter waarde van R4 200 is berokken."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'