MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-tuinbouklub het onlangs 'n geleentheid gehad waartydens bekende tuinboukundige, JJ van Rensburg van Garden World 'n praatjie gelewer het.
Hy het gesels oor die beplanning van jou tuin en vertel oor watter produkte veilig gebruik kan word.
Lede het oulike pryse gewen deur vrae te antwoord. Annatjie Kunz was die wenner van die grootse prys van die dag.
Mosselbaai-tuinbouklub het onlangs 'n geleentheid gehad waartydens bekende tuinboukundige, JJ van Rensburg van Garden World 'n praatjie gelewer het. Hier is Thora van der Merwe, Vlam van Deventer, Lorraine Grassow, JJ van Rensburg, Annatjie Kunz en voor is Paul Roos.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'