MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit se Wyk 5, onder leiding van die wyksraadslid Anton Dellemijn het onlangs 'n lewensreddertoring by Glentana-strand opgerig. Die strand is vanjaar weer eens as Blouvlag-toetsstrand deur Wessa erken.
Die wykskomitee, in oorleg met departement gemeenskapsdiente het die toring aangeskaf om die lewensredders se taak te vergemaklik en beter diens op die strand te lewer.
Hierdie toring is spesiaal ontwerp deur die spesifikasies van verskeie Suid-Afrikaanse en buitelandse voorbeelde saam te stel.
Die munisipaliteit sal poog om in die toekoms nog torings aan te skaf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'