MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit het onlangs die Garden Route Primêre Skool besoek, waar 'n groot behoefte aan speelplek vir kinders bestaan.
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé het na die terrein gekyk sodat oplossings vir die behoefte gevind kan word.
Die grond is in private besit, maar die munisipaliteit wil probeer om as bemiddelaar op te tree om die skool by te staan.
Agter die skoolterrein is 'n spasie wat moontlik hiervoor ontwikkel kan word.
Voorheen was daar spasie langs die skool beskikbaar vir die ontwikkeling van 'n sport- of speelterrein, maar nog 'n skool word tans op hierdie stuk grond opgerig.
Kotzé het met die skoolhoof en verskeie rolspelers gesels oor moontlike oplossings.
Raadsheer Dirk Kotzé en ‘n gemeenskapsleier, Kwezikile Skoen bespreek die behoefte aan speelruimte vir leerders aan Garden Route Primere Skool.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'