Die besluit volg na 'n string gewapende aanvalle op vakansiegangers en inwoners in die gebied.
Munisipale bestuurder, Thys Giliomee, sê in baie van die voorvalle blyk dit dat misdadigers in die bosse langs Louis Fourieweg geskuil het.
Polisie het die gebied sedertdien as 'n misdaadnes beskryf waar slagoffers gereeld helder oordag van hul besittings beroof word.