MOSSELBAAI NUUS - Die begrafnisdiens vir Kerneels Meyer (59), geliefde Mosselbaaise prokureur vind Saterdag, 11 Februarie om 11:00 in die NG Kerk, Mosselbaai Suid, plaas.
Kerneelsie (soos hy onder geliefdes en vriende bekend was), was vir 28 jaar 'n prokureur in die Mosselbaai omgewing.
Hy het sy studies aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.
Kerneels laat sy seuns Helgard en Burger Meyer, susters Amanda Zietsman, Helga Goosen, Karina van der Merwe, Suricke Janse van Rensburg en broer, Jannie Meyer agter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'