MOSSELBAAI NUUS - 'n Befaamde orrelis, dr Noël-Jean Creille is in die ouderdom van 74 jaar op Saterdag, 11 September op Mosselbaai oorlede.
Noël-Jean is vroeër vanjaar by 'n plaaslike versorgingssentrum, @ Peace Care Centre ingeneem.
Hy het prostaatkanker gehad.
Noël-Jean het studeer aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein in orrel, sang, klavier, komposisie, Afrikaans, Engels en Latyn, vyf daarvan as hoofvakke.
Hy het onder meer oor Mus Doc, LRCO, ULCO, UPLM, ARSCM (CHM), DD, (Prak Teol) D.LITT et PHIL, DD (Kerkgeskiedenis) beskik oor en was ’n hoogsgekwalifiseerde en befaamde orrelis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'