MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Mosselbaai was verstom toe sy Vrydag, 14 April, kortpad deur D'Almeida geneem het en dié beeste in iemand se tuin gewaar het.
Tinkie Boucher sê sy kon haar oë nie glo nie toe sy die beeste sien, wat rustig aan tuinplante kou, op die gras lê en die kalf wat in die middel van die straat aan sy ma drink.
"So is elke dag vol verrassings, ook hier in ikoniese Mosselbaai!"
Beeste wei ongehinderd in die D’Almeida woonbuurt en eet van die plante in die tuin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’