Update
MOSSELBAAI NUUS - Die familie van ’n Mosselbaaise paartjie wat wreed in die Krugerwildtuin vermoor is, Ernst (71) en Dina (73) Marais, sê hulle hoop geregtigheid sal seëvier nadat twee mans wat vermoedelik by die moord betrokke was, onlangs in Mosambiek vir ondervraging ingeneem is.
Die egpaar se gesteelde bakkie is ook intussen in die Xai-Xai-gebied gevind.
Die paartjie se liggame is op Vrydag 22 Mei deur toeriste by die uitkykpunt op die rivieroewer naby Crooks Corner in die Krugerwildtuin gevind. Albei slagoffers het steekwonde opgedoen.
Die Marais’s het ’n huis in Fynbos Heights in Mosselbaai besit en was geliefd onder die dorpenaars.
Die egpaar se begrafnis vind môre, Donderdag 4 Junie, om 11:00 in Krugersdorp plaas.
Die polisieondersoeke duur voort.
Vorige artikels:
- Mossel Bay couple found murdered in Kruger National Park
- Murdered Kruger Park couple had deep love for Mossel Bay
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’