MOSSELBAAI NUUS - 'n Man en sy twee seuns het vanoggend 'n noue ontkoming gehad toe die bakkie waarmee hulle op pad skool toe was, die pad verlaat het.
Die ongeluk het net na 07:00 op die R328 plaasgevind terwyl die bestuurder van van 'n dubbelkajuit Isuzu-bakkie in die rigting van Hartenbos op pad was om sy twee seuns by die skool af te laai.
By die kruising met die R102, het 'n voertuig vanaf Waboomstraat, Hartenbosheuwels voor die aankomende Isuzu-bakkie ingedraai.
Volgens die bestuurder het hy uitgeswaai, maar die bakkie het op los gruis gegly en teen die wal af gery.
"Gelukkig het niemand seergekry. My vrou het die twee seuns kom haal en skool toe gevat." het die bestuurder van die Isuzu-bakkie gesê.
Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'