MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay Advertiser vryskutfotograaf, Julian Scholtz het gisteraand hierdie foto geneem van ‘n bakkie wat deur ‘n heining in D’Almeida gery het.
Die voorval het om ongeveer 21:00 oorkant die Hotel Portao Diaz gebeur.
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
Die Advertiser het navrae aan die polisie gerig en wag op kommentaar.
Foto's: Julian Scholtz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’