MOSSELBAAI NUUS - Deurdringende reën het die afgelope week op Mosselbaai en omliggende gebiede geval, maar gelukkig met geen ernstige nagevolge nie.
Tuinroete Distriksmunisipaliteit Rampbestuurshoof, Gerhard Otto, het egter gewaarsku dat die piek van vloede eers teen gister, Donderdag 6 Junie, sekere dele in die Tuinroete sou bereik
Groot skade is in die Oudtshoorn gebied aangemeld en verskeie paaie in die Tuinroete is gesluit. Die polisie se seegrenseenheid het 'n span op bystand geplaas op Mosselbaai.
Inwoners het aan die Mossel Bay Advertiser gesê in Montagustraat is meer as 78mm gemeet, Groot-Brakrivier het meer as 85 mm se reën gehad sedert Saterdag terwyl Hartenbos meer as 70mm water gekry het. Fraaiuitsig het sedert Saterdag meer as 78mm reën gekry.
Met die ter perse gaan is meer as 106mm vanaf 1 Junie by die Robinsonpas vir die Mosselbaai omgewing gemeet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’