MOSSELBAAI NUUS - In 'n aanskoulike wedstryd waar die humeure soms opgevlam het, het die Barbarians rugbyspan in 'n vriendskaplike wedstryd die afgelope Saterdag vir Evergreens met 32-26 op sy tuisveld, "The Graveyard" ore aangesit.
Babaas se 2de span het net-net met 26-24 gewen, terwyl die 3de span met 19-17 vasgeval het.
Vir die duur van die wedstryde, was die skare telkemale op hul voete met die skitterende en aanvallende spel deur al spanne.
Evergreens kon nog nie een van sy wedstryde in die opwarmingstryde die opponente baasraak nie, maar moenie dié span onderskat nie.
Met bal in die hand is dit 'n gevaarlike klompie spelers! Die Babaas het benoude oomblikke beleef.
Dissipline sal egter aangespreek moet word. Ses geel kaarte getuig daarvan.
Garren Groenewald van die Barbarians op pad doelyn toe.
"Hulle het veerkragtigheid (die spelers) en geestelike gehardheid getoon, ons is in 'n leerproses en gister was een om af te merk. Ek moet hierdie een vir die spelers gee, want Evergreens begin die stryd en my spelers verdedig hulself net. En so eindig dit in ses geelkaarte, drie vir elke span," sê Naz Cupido, hoofafrigter van die Babaas.
Ondanks die paar insidente, het die groot skare wat opgedaag het goeie rugby aanskou.
Babaas, wat vyf keer agter die doelyn gaan kuier het teenoor oor die tuisspan se vier keer, is beslis vanjaar op 'n ander vlak.aansê.
Die groot toets lê egter voor wanneer die Babaas môre die ligakampioen op D'Almeida Stadion die stryd aansê.
Dit beloof om 'n grote te wees!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’