MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie ondersoek 'n saak van roekelose-en-nalatige bestuur nadat 'n wit Mazda en 'n blou City Golf op Maandag, 18 Junie in 'n botsing in Heiderand betrokke was.
Volgens die Mosselbaai-polisiewoordvoerder, adjudant offisier Pieter Koekemoer, dui 'n voorlopige ondersoek daarop dat die Golf by die verkeerslig op die hoek van die Mosselbaai Mall gestop het, toe die Mazda in Melkhoutweg ingedraai het en teen die Gholf vasgejaag het.
Daar was altesaam sewe insittendes in die twee voertuie, waaronder 'n drie maande oue baba.
Die botsing het om 18:25 gebeur.
Koekemoer sê slegs een persoon is na 'n plaaslike hospitaal afgevoer.
"Die baba en die ander insittendes het die botsing oorleef."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'