Die kamp, wat ‘n 20km-staptog deur die veld en langs die see insluit, vind onder die wakende oë van die ervare Kosie Gericke en Ewald Crause Snr. plaas. Hulle het wye bekendheid as die aanbieders van avontuurkampe en karakterbougeleenthede verwerf.
Die kamp is gerig op seuns tussen die oudersomme van 13 en 15 jaar (Gr. 8 en 9-leerders). Vanjaar se kamp duur vanaf 6 tot April.
Belangstellendes word aangeraai om nou reeds te bespreek aangesien slegs ‘n beperkte aantal seuns op hierdie avontuur geneem word en die kampe baie gewild is.