MOSSELBAAI NUUS - Die voorsitter van die ATKV-tak Hartenbos, Japie Gouws, nooi alle ATKV-lede uit na die tak se jaarvergadering wat op Maandag, 6 Februarie om 18:00 by die ATKV-lapa gehou word.
Indien jy nie 'n lid van die ATKV is nie, maar belangstel om 'n lid te word, is jy welkom om dit by te woon en aan te sluit.
Gouws verduidelik dat die ATKV-tak Hartenbos betrokke is by laerskole en die ouetehuis in die omgewing. "Ons plant ook elke jaar bome en is besig met 'n projek om die Hartenbos Museum op te knap om meer besoekers te lok. Ons sal dit verwelkom as mense by ons wil aansluit om hiermee te help."
Alle belangstellendes in die groter Mosselbaai is welkom. Na afloop van die vergadering word 'n bring-en-braai gehou.
Tydens die vergadering sal inligting oor die tak se bedrywighede vir die jaar gegee word.
Bevestig by Helena Jonker (072 969 5055) indien jy die vergadering wil bywoon.
'Ons bring jou die nuuste Mosselbaai, Tuinroete nuus'