MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie is voornemens om die biologiese pa van 'n twee maande oue baba wat onlangs in 'n struweling tussen die ouers dood is, binnekort te arresteer.
Die baba se ouers was vroeg vandeesmaand in 'n stryery betrokke toe die pa die ma, wat die baba in haar arms vasgehou het, omgestamp het. Die ma het op grond geval en die baba is beseer.
Die baba is op 2 Februarie in die Mosselbaai provinsiale hospitaal opgeneem en is na die provinsiale hospitaal op George vir behandeling oorgeplaas. Die baba het egter in die George-hospitaal weens kopbeserings beswyk.
In 'n nadoodse ondersoek is bevind dat die baba se dood aan breinskade toegeskryf kan word.
Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag en 'n arrestasie sal binnekort volg.
Die ondersoekbeampte is ao Geoffery Moos (044 606 5600) van die KwaNonqaba-polisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'