MOSSELBAAI NUUS - Arbeidsbediening het onlangs hulle jaarlikse sake ete in die Mosselbaai-stadsaal gehou.
Die geleentheid is deur ongeveer 270 mense bygewoon. Die opening is waargeneem deur ds Gerald Glover, wat Arbeidsbediening se hoof van opleiding is.
Speurder
Michael Hills, bekende speurder, het die program gelei. Blackie Swart, wat vir 20 jaar Arbeidsbediening se voorsitter is, het namens die bestuur terugvoering gegee.
Pierre Lamprecht, voltydse geestelike werker, het insette gelewer oor al die sprekers van die geleentheid en Natasha Joubert, bekende sangeres en motiveringspreker, het met oorgawe die mense verryk deur haar pragtige sang.
Spreker
Chris Smit, wat 30 jaar deel is van Arbeidsbediening, was die spreker. Hy het al dwarsdeur Suid-Afrika in talle kerke gepreek, asook onder andere in Duitsland.
Sy eie gemeente op Wildernis staan sterk onder sy geesvervulde leiding. Arbeidsbediening bedank al die besighede, sakemense en vriende wat tafels geborg het en die werk finansieel dra.
Terugvoering
Daar het baie positiewe terugvoering gekom van almal wat die funksie 13 Junie bygewoon het, en Arbeidsbediening glo dat met volgehoue gebed, Arbeidsbediening in die toekoms steeds sal floreer.
Natasha Joubert
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’