Gallery
MOSSEL BAY NEWS - Die Eden Photographic Society op Mosselbaai het in Mei, tydens hulle tweede inperkingsbyeenkoms, Aprilmaand se wenners aangekondig.
Die voorgeskrewe onderwerp was kosfotografie.
Die wenners is soos volg:
Junior afdeling
Voorgeskrewe onderwerp:
- Dick van der Toorn se Sardines;
- Gerda Fouche se Bak en brou en Ilzabe Pietersen se A drop of indulgence.
Ope kategorie:
- Gerda Fouche se Herinneringe;
- Dick van der Toorn se Stairs en Gerda Fouche se Working with Fire.
Senior afdeling
Voorgeskrewe onderwerp:
- Elizabeth Nicholson se Citrus Seduction;
- Anton la Grange se Flying Hamburger, Danie Pretorius se Barnyard kitchen en Elaine van der Toorn se Fresh oysters.
Ope kategorie:
- Danie Pretorius se Settled;
- Anton la Grange se Composite Heron Landing en Elaine van der Toorn se My territory.
Fotogalery: Eden Photographic society wenners
Lede van die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00 by die Diaz Strand Hotel. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om die geleentheid by te woon of aan te sluit. Daar is elke maand 'n voorgestelde onderwerp.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (082 442 4442)
Gerda Fouche se Herinneringe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'