Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society (EPS) het hierdie maand 'n virtuele klubaand gehad. Daar is 'n video van die klubaand op hulle EPS-facebookblad indien iemand sou belangstel om daar te gaan loer.
Volgens Anton la Grange het die klub die afgelope twee maande baie nuwe lede gekry en dit is wonderlik om hulle talent te sien.
Die spesiale tema van die maand was abstrakte fotografie en volgende maand is dit kosfotografie. "Almal wat sou belangstel kan ons ook volg op facebook en kyk na al die geleenthede en idees wat ons aan fotograwe bied, veral noudat ons in lockdown is," sê Anton.
Die wenners van April is soos volg:
Junior afdeling
- Ope kategorie - Gerda Fouche se Flamingo. Haar Flying Porsche het 'n meriete sertifikaat gekry.
- Voorgeskrewe onderwerp - Gerda Fouche se Tornado.
Senior afdeling
- Ope kategorie - Anton la Grange se Speak no Evil. Sy The great divide het 'n meriete sertifikaat gekry.
- Voorgeskrewe onderwerp - Anton la Grange se The mysterious planet Corona. Beide Elizabeth Nicholson se Abstrakte kleurspel en Michael van Schalkwyk se The Machine het meriete sertifikate gekry.
Fotogalery: Eden Photographic Society April wenners
Lede van die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00 by die Diaz Strand Hotel. Alle belangstellendes en fotografie entoesiaste is welkom om die geleentheid by te woon of aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442).
Gerda Fouche se Tornado.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'