MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se hoop om die Mnr SA-titel huis toe te bring, is steeds op koers. Anton Siebert (30), ‘n opvoeder aan Diaz Primêre Skool, het op 1 Julie deurgedring na die Top 40 van die Mnr Suid-Afrika-kompetisie.
Hy is tans nommer 11.
“Ek voel baie dankbaar dat ek nog kan aanhou in die kompetisie en voort kan gaan om ’n positiewe impak te kan maak in die gemeenskap wat so brood nodig is nou veral met alles wat in Mosselbaai aangaan.”
Het Siebert by navraag van die Mossel Bay Advertiser gesê na die aankondiging gedoen is.
“’n Mens het 'n groter dryfkrag as jy dit nie vir jou eie ego wil doen nie, maar opreg en eerlik n ekstra platvorm van moed en postiwiteit wil skep vir die jonger mense om na op te kyk. Hoe langer ek in die kompetisie kan bly en verder vorder, hoe meer kan ek die jonger mense en ook ander op ‘n positiewe manier beïnvloed.”
“Dinge is moeilik nou veral met Covid-19 en mense wat hulle werk verloor, maar met ‘n positiewe gemoed en God by jou kan n mens deur enige situasie kom. Positiwiteit trek positiwiteit aan en dit is wat ons gemeenskap nou kort.”
Mosselbaaiers kan hom ondersteun deur MRSA49 te SMS na 40439. Dit is R2 per sms en geen gratis SMSe word aanvaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'