MOSSELBAAI NUUS - Om ’n kolhou aan te teken is die uiteindelike doelwit vir gholfspelers.
Dit is ’n skoot met ongelooflike klein kanse - selfs ’n gelukskoot.
Vir Anton Lombard is dit ’n realiteit. “’n Fluke,” noem hy dit.
Lombard (60) het daardie gelukkige skoot op Vrydag, 4 April, op die Pinnacle Point-gholfbaan se 13de putjie aangeteken.
“Ek het letterlik gekyk hoe dit in die gat gaan. Nie alle spelers sien dït nie,” het hy aan Mossel Bay Advertiser gesê.
Lombard is oorspronklik van Pretoria, maar het drie jaar gelede op Mosselbaai afgetree. Hy het reeds ’n vakansiehuis in Mosselbaai gehad, en geniet nou sy dae by die see.
Voordat hy rustig by die see afgetree het, het hy korporatiewe werk gedoen en het in 1997 begin gholf speel.
Lombard sê hy probeer om twee keer ’n week te speel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’