MOSSELBAAI NUUS - Die nimlike Annelie Botes, bekroonde Afrikaanse skrywer het so lekker op Mosselbaai gekuier in Novembr 2019, dat sy in Maart weer 'n draai kom maak.
Botes is op Vrydag, 13 Maart om 18:30 by die Monroe Teater vir 'n heerlike kuieraand van stories vertel, saamlag en dalk 'n traantjie of twee wegpink.
'n Meesterstorieverteller, kom deel Botes op haar besonderse manier verhale wat harte sal roer en verbeeldings sal aangryp, wat die draak sal steek met haar geliefde, bekend as die Gryse en sy sal haar gehoor weer laat onthou waarom Afrikaans so lekker in die mond lê.
Navrae kan gerig word aan Joan Carstens (082 415 9588).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'