TUINROETE NUUS - Tokkie Pretorius en Johan van Zyl, onderskeidelik direkteur en adjunk-direkteur van die Anglo-Boereoorlog (ABO) Museum in Bloemfontein, is op Woensdag, 23 Oktober die gassprekers tydens 'n byeenkoms van die Suid-Kaapse tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA).
Die geleentheid vind om 14:00 en 18:00 by die George-museum plaas.
Die twee besoekers sal aanbiedings doen oor die rol van die ABO Museum in navorsing oor familiegeskiedenis en ook hoe die museum oor die afgelope paar ontwikkel het met wêreldwye belangstelling in die Anglo-Boereoorlog. Dit is vanjaar die 120ste herdenking van die uitbreek van die ABO.
Toegang is gratis en belangstellendes kan voor of op Maandag, 21 Oktober vir Abrie de Swardt, voorsitter van GGSA Suid-Kaap kontak by 072 348 1961 od by abriejdeswardt@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'