MOSSELBAAI NUUS - Die verslapping van die regulasies in terme van die nasionale inperking, veral wat die werk van ambagsmanne betref, is nie net professionele werk in dié veld 'n hupstoot gegee nie.
Mosselbaai sit egter met ‘n "ambagsman" wat doodluiters onlangs van die Punt se kant af met ‘n satellietskottel en drie gordynrelings in Marshstraat afstap sonder dat enige navraag daaroor gedoen word.
Volgens inligting wat deur Mossel Bay Advertiser ontvang is, het die man ‘n tyd gelede met ‘n baie duur kajak die straat afgekom en dit op 'n straathoek probeer verkoop vir R2 000.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'