Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Amanda Bester, bekende visueel gestremde van Mosselbaai, en haar goue apporteer gidshond, Odie, het verlede week die "I am Able" bewusmakingsveldtog by Kwano Beehives in KwaNonqaba bygewoon.
Bester het so twee maande gelede vir Odie gekry en sy vertel dat dit goed met hulle twee gaan, maar dat hy nie altyd gefokus is nie.
Sy het nou met hom begin draf, wat hy baie geniet, om sodoende sy reaksie-spoed te verhoog. Sy vertel, "Dit gaan oor die algemeen goed met hom en dit sal 'n paar maande neem om in te skakel. Hy was nou vir twee jaar by mense wat hom grootgemaak het en was daarna by die opleiers gewees.
Vir Odie is dit nou 'n nuwe omgewing, 'n nuwe klimaat en nuwe mense waaraan hy gewoond moet raak.
Dit is maar traumaties vir hom". Bester verwelkom die "I am Able" inisiatief en glo dat die doelwit om Mosselbaai die mees outisties- en gestremdheid-vriendelike dorp in Afrika te maak vir alle inwoners tot groot voordeel gaan wees.
VIDEO - Amanda Bester, visueel-gestremde van Mosselbaai vertel hoe sy en haar gidshond, Odie, bymekaar aanpas (Video: Alet Engelbrecht, Mossel Bay Advertiser).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'