Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Nie eens gure weer kon partjiegangers gister weghou by Aldrich Kruger se “verbyry-partytjie” nie.
Dié dapper kankerstrydertjie het diep in mense se harte gekruip en het gister, 11 Julie sy twaalfde verhaarsdag gevier.
Aldrich, teen hierdie tyd al bekend vir sy liefde vir rugby, motors en motorfietse, was oorwledig deur al die aandag op sy spesiale dag toe ‘n konvooi blink motors en motorfietsryers hom by die huis kom gelukwens het.
Sy ma Lisa vertel dat hulle maar benoud oor die weer was, veral verlede week met al die stormwaarskuwings wat die nuus oorheers het. Sy het selfs ‘n gebedsversoek op sosiale media geplaas dat die weer met Aldrich se verjaarsdag net vir die tydjie tussen 12:00-15:00 moet hou sodat almal wat soveel moeite gedoen het om aan die verrigtinge deel te neem, dit wel sou kon doen.
“Gisteroggend, toe reën dit swaar. Die straat was net water. Ons het maar voortgegaan met die beplanning, ons gazebos opgeslaan en die vure gepak.” Danksy ‘n skenking van ‘n paaslike slaghuis, is daar saam met kolwyntjies boereworsrolle ook uitgedeel aan besoekers.
Fotogalery: Aldrich verjaar te lekker!
Toe dit teen 11:00 steeds hard reën, vertel Lisa, het sy uitgestap na buite, opgekyk hemel toe en gebid. “Ek het rustig teruggegaan die huis in, ‘n koffie gemaak en toe ek gaan sit om dit te drink, toe hou dit op met reën.”
Alhoewel die reentjie steeds neergesif het, kon die feestelikheid voortgaan soos bepan. Lisa sê dat in ‘n stadium, was daar só ‘n lang ry motors in Danie de Jagerstraat, dat dit verby Hoërskool Punt tot in Kerkstraat gestrek het.
Kyk 'n video hieronder:
“Ons het soveel liefde ervaar gister. Dit was net oorweldigend. Aldrich kon sy oë nie glo nie, wat nog van uitgepraat raak. Hy het soveel presente gekry, veral LEGO waaroor ek baie dankbaar is. Gisteraand al, het het drie karretjies sommer netso klaar gebou.”
Adrich, ‘n leerder aan Laerskool Park, ly aan fase 4 papillêre skildklierkanker'.
Foto's: Verskaf
Vorige artikel: 11-jarige kankerlyer terug by die huis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'