MOSSELBAAI NUUS - Dis nie aldag dat 'n mens die kans kry om blad te skud met een van die Springbokke wat daarvoor gesorg het dat Suid-Afrika vir die eerste keer ooit die Web Ellis-trofee omhoog gehou het nie.
Aldrich Kruger (12), van Mosselbaai kan egter nou vertel dat hy skouers geskuur het met die legendariese Os du Randt wat deel was van die Springbokspan wat in 1995 die Wereldbekerrugbytoernooi op Ellis Park gewen het.
Aldrich, wat aan papillêre skildklierkanker ly, is bekend daarvoor dat hy 'n groot rugby-entoesias is.
Volgens Aldrich se ma, Lisa het die Krugers se bure wat met Os du Randt huisvriende is, hiervan te hore gekom.
Met Os se onlangse besoek aan die Barretts van Mosselbaai, het Aldrich toe 'n besonderse skets van die 1995 Springbokrugbyspan, wat deur Os onderteken is, ontvang.
Die besonderse skets wat aan Aldrich geskenk is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'