MOSSELBAAI NUUS - Bevestiging is ontvang dat die Airedale hond, Benji, met behulp van Kobus en Lizelle Crous van Mosselbaai Helikopters gevind is.
Lizelle het die Mossel Bay Advertiser meegedeel dat Benji se eienaars hulle laatmiddag genader het om te verneem of hulle met die helikopter oor die area waar Benji weggeraak het, kan vlieg om te kyk of hulle Benji hopelik vanuit die lug kan waarneem.
Dit was dan ook so en binne 15 minute nadat hulle opgestyg het is Benji in 'n kloof naby die ongelukstoneel opgemerk.
Hulle het gaan land en die eienaar afgelaai om Benji nader te lok. Benji is binne oomblikke daarna met sy "gesin" herenig. Hy was glo dors maar baie bly om sy "gesin" te sien.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'