MOSSELBAAI NUUS - 'n Agtjarige seuntjie het Saterdag, 18 November, in 'n dam by Diepkloof (naby Sinksabrug) verdrink toe hy saam met sy boetie (15) gaan water haal het.
Volgens die polisie is die dam naby hul huis en ook die skool, Diepkloof VGK Primêre Skool, waar die seuntjie skoolgegaan het.
Die oudste broer het na bewering een emmer water huis toe geneem terwyl die jonger een by die dam gewag het.
Toe hy weer by die dam aankom was sy jonger boetie nêrens te vinde nie.
Volgens die polisie is die nodige dienste na die area ontbied. Die duikeenheid het die seuntjie uit die water gehaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’