MOSSELBAAI NUUS - Die VLV Hartenbos vergader Dinsdag, 21 Junie om 09:00 by die Lede in Christus Kerk, hoek van Katjiepiering en Jakarandastraat, Hartenbosheuwels.
Lede en enige belangstellende vroue word hartlik uitgenooi om die vergadering saam te geniet en te kuier.
"Kom deel in die kennis wat ons oordra," nooi die bestuur.
Die sameroeper vir openbare sake, Wilma van Staden, lei die vergadering met ‘n baie belangrike praatjie oor herwinning van afvalprodukte.
Stephan Lambrecht van Henque Waste sal die gasspreker wees. Lucy Pick kom demonstreer die gebruik van winbare produkte. Dit beloof baie interessant en leersaam te wees.
"Bring asseblief enige artikel wat jy van afvalmateriaal gemaak het saam wat uitgestal sal word."
Vir enige navrae, kontak Rita (076 151 9607).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'