HARTENBOS NUUS - Sowat 12 000 mense het op 30 Desember by die ATKV-amfiteater in Hartenbos vir die die galakonsert van die In Afrikaans-konsertreeks.
Vir die eerste keer in die geskiedenis was die Hartenbos-amfiteater uitverkoop.
Sonder enige spesiale effekte het die In Afrikaans-konsertreeks bewys dat die Afrikaanse musiekbedryf oor briljante kunstenaars beskik. Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman het die rekordskare met hul treffers gaande gehad.
Die In Afrikaans-konsertreeks het inwoners en vakansiegangers met topklasvermaak bederf. Diegene wat van die konserte bygewoon het, kan steeds nie uitgepraat raak oor die ongelooflike dinamika van al die top kunstenaars saam op een verhoog nie.
Karen Zoid was veral opgewonde oor haar eerste optrede saam met Refenste, wat sy 'n "uiters accomplished sanger" noem. "Ek is mal oor sy stem en sy selfvertroue," het sy in 'n onderhoud gesê.
Volgens Elvis Blue was dit "die tipe optrede waarvan jy droom as jy 'n laaitie is - 'n lieflike plek en boonop 12 000 mense wat jou aanmoedig".
Nog 'n bekende besoeker was Zelda le Grange, oud-persoonlike assistent van die voormalige president, Nelson Mandela. "'n Mens kan die passie van die mense sien - dis Hartenbos, die Kaap en Afrikaans op sy beste!" het sy gesê.
Volgens Jacomien de Villiers, organiseerder van die fees, wou hulle graag die tradisie van die ATKV en die jaarlikse Kerskonserte behou, maar het dit 'n nuwe kinkel gegee. "Ons wou iets uniek doen en graag hê dat die musiek mense se harte in die oomblik moet vasgryp," het sy opgewonde bygevoeg.
Met 2018 in volle swang hoe jy nie die wonderlike wêreld van musiek saam met die sand aan jou skoene af te stof nie.
JOOX, die musiektroom-app wat al jou gunsteling kunstenaars aan jou vingerpunte sit, is net die regte metgesel vir jou jaar en sal met elke oomblik daar wees met die regte musiek. Die vakansie mag dalk byna verby wees, maar dit beteken nie jy kan nie binnekort 'n wegbreeknaweek beplan nie.
Besoek die Karoodorp Prince Albert aan die voet van die dramatiese Swartberge op jou pad terug huis toe. Dié dorp spog met asemrowende natuurskoon en het ook baie aktiwiteite wat jy kan doen tydens jou besoek. Loer ook gerus na hul jaarlikse kalender en beplan jou uitstappie daarvolgens.
Besoek die webtuiste http://princealbert.org.za/ vir meer inligting of gaan laai die app, Prince Albert Great Karoo, af in die IOS-winkel of Google Playstore.
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'