Gallery
MOSSELBAAI NUUS - AfriForum Mosselbaai het met die ondersteuning van die Mosselbaai-munisipaliteit se direktoraat gemeenskapsdienste op Saterdag, 11 September Boomplantdag gevier.
Sewentien Dais cotinifolia-bome, ook bekend as die pompomboom of kannabasboom, in die park in Ysterhoutsingel in Heiderand geplant.
Yolande van Aswegen, van die Mosselbaai-munisipaliteit se Jeugkantoor het die reëlings getref.
AfriForum Mosselbaai het die ses Dais Cotinifolia-bome geskenk aan elkeen van die onderskeie junior stadsraadslede van Mosselbaai se hoërskole.
Fotogalery: Bome geplant by skole
Die skole wat bome ontvang het is Curro Mosselbaai, Hoërskool Sao Bras, Hoërskool Punt, Hillcrest Sekondêre Skool, Groot-Brakrivier Sekondêre Skool en Indwe Sekondêre Skool.
Die bome is tydens die skole se onderskeie boomplantseremonies geplant.
Kobus Neethling, Pieter de Villiers, Louis Cook, Charl Möller (almal van AfriForum) en Francois Nieuwoudt (Mosselbaai-munisipaliteit: gemeenskapsdienste) tydens die boomplantseremonie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'