Video
RUITERBOS NUUS EN VIDEO - Instrukteurs van die Tiger Kai-gimnasium het Saterdag by Ruiterbosch Lodge, Ruiterbos onder leiding van Afriforum opleiding in selfverdediging gebied.
Lede van die Ruiterbos-plaaswag het die geleentheid bygewoon om praktiese vaardighede aan te leer oor hoe om hulleself meer weerbaar te maak teen onder meer plaasaanvalle.
Twee-en-dertig volwassenes en ses kinders het aan die opleidingsessie deelgeneem.
Basiese vaardighede het ingesluit om 'n aanvaller te ontwapen en daar is ook spesifiek gefokus op teenverkragtingstegnieke, gemik op die vroue in die groep.
Die instrukteurs het tegnieke uit die Krav Maga-gevegsisteem verduidelik en demonstreer.
Onderwyl die opleidingsessie in een lokaal aan die gang was, het fasiliteerders van Afriforum 'n opleidingsessie aangebied vir die patrollielede, waarvan 25 teenwoordig was.
Kyk 'n video hieronder:
Die opleidingsessie is deur beide oud en jonk leersaam gevind.
Heelwat vroue het die opleidingsessie bygewoon. Hier word ma en dogter deur 'n Tiger Kai-instrukteur touwys gemaak.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Ruiterbos, Tuinroete nuus'