Die deelnemers het die hele week baie interessante onderwerpe behandel en almal is dit eens dat dit 'n besondere betekenisvolle ervaring vir hulle was.
"Dankie aan die skoolhoof Steenberg en sy personeel en veral die opsigter, Manie Francis, wat so behulpsaam was met enige behoefte wat die groepie ervaar het en alles nougeset voorberei het.
"Die fasiliteerders het baie moeite gedoen om waardevolle inligting aan die deelnemers oor te dra en vir hulle 'n baie groot dankie."
Die fasiliteerders was me Melani Honniball van Department Sosiale Ontwikkeling, Ao Tata Marks van die SAPD se GKS-eenheid, Amanda Beukes van ACVV, kapt Tekkie van Rensburg van die SAPD Mosselbaai, mnr en me Koorsen van Mosselbaai, Jacolize Engelbrecht van Danabaai en Tanya ook van Danabaai.
Die onderwerpe wat behandel is, is die Kinderwet; die wetlike aspekte rakende tienerswangerskappe; ouers as rolmodelle; leer ken jou kind en dwelms.
Die deelnemers het ook geleer om sakpas, dog voedsame kos voor te berei vir hulle families.
'n Prettige mooimaaksessie het ook gevolg, wat groot pret vir die vroue was.

Hierdie ouers van All Saints Primêr het deelgeneem aan 'n ouerleiding-kursus, wat deur die ACVV aangebied is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'