Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Tydens die amptelike aanskakeling van die feesliggies tydens 'n vrolike, dog gewyde seremonie in die Harry Giddey-park vanaand, het die uitvoerende burgemeester, Raadsheer Harry Levendal 'n spesiale woord van welkom vir veral die ouer garde, die jongklomp en besoekers gehad.
"Vriende, die kersliggies rondom ons is nie bedoel om net net ‘n mooi indruk vir ons inwoners en vakansiegangers en ‘n feestelike atmosfeer te skep nie - laat ons aan die boodskap van die geboorte van Christus dink, laat dit ons ook herinner aan die gesamentlike boodskap van liefde en gemeensaamheid wanneer ons geskenke uitruil. Geskenke behoort ook nie net iets te wees wat met geld gekoop is nie. Geskenke kan ook omgee wees, dit kan ook wees om te luister en van jou tyd te gee wanneer jou naaste jou nodig het. Mag ons in hierdie feestyd daar wees vir mekaar en die Christusboodskap uitleef," het die burgemeester gesê.
Hy het ook 'n spesiale woord van welkom vir die Wes-Kaapse LUR vir landbou, minister Ivan Meyer gehad wat die verrigtinge bygewoon het.
Kyk 'n video hieronder:
Video: Tersia Marais
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'