MOSSELBAAI NUUS - Kort voor die nasionale inperking het die VLV se Hanlie Vorster, sameroeper van landbou en tuinbou, 'n interessante vergadering vir die Hartenbos-lede aangebied.
Elka Foxcroft van Alcare Aloe het vertel hoe om die aalwynblaar te oes en gewys hoe om sap van 'n blaar te tap.
Verskillende velsorgprodukte is ten toon gestel en Foxcroft het verduidelik hoe om dit te gebruik. Sommige produkte word ook vir medisinale doeleindes aangewend.
"Heerlike tee word van aalwyn gemaak en ons kon almal daarvan proe. 'n Insiggewende oggend," vertel 'n lid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'