MOSSELBAAI NUUS - Maria Jansen van D’Almeida het op Maandag, 16 Junie, haar 99ste verjaarsdag gevier.
Sy is by haar verjaarsdagpartytjie deur haar familie van Engeland, Kimberley, Kaapstad, Caledon, George en Mosselbaai gelukgewens.
Haar dogter, Alma, wat by haar woon, beskryf haar ma as ’n baie sorgsame, vriendelike persoon.
Maria het nege kinders. Sy het 11 gehad, maar haar jongste seun en dogter is oorlede. Haar kinders woon in Mosselbaai, behalwe vir ’n seun in Atlantis, nog ’n seun in Kimberley en ’n dogter in Gqeberha.
Maria Jansen op haar 99ste verjaarsdag.
Maria is oorspronklik van ’n plaas in Albertinia en het as volwassene na Mosselbaai verhuis. Haar man, wat eers op ’n plaas en toe as padbouer gewerk het, is in 2002 oorlede.
Maria is ook op haar spesiale dag deur Mosselbaai se burgemeester, Dirk Kotzé, besoek. Hy het vir haar ’n ruiker blomme saamgebring.
Maria Jansen en burgemeester Dirk Kotzé.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’