MOSSELBAAI NUUS - 'n Massa-optog môre, 9 April vanaf KwaNonqaba tot by die Mosselbaai-landdroshof is deur Mosselbaai-munisipaliteit goedgekeur.
'n Petisie sal by die landdroshof afgegee word. Die optog sal deur munisipale wetstoepassers, Provinsiale Verkeer en die polisie se openbare orde-eenheid van George deurentyd gemonitor word.
Die massa-optog is goedgekeur vanaf 08:00 en behoort voor 13:00 afgehandel te wees.
Daar is intussen berigte ontvang dat toegange vanuit die groter KwaNonqaba en Aslapark reeds vanaf 04:00 afgesper gaan word om te verhoed dat enige werkers kan gaan werk.
Volgens 'n stemposboodskap wat op sosiale media versprei word, sal leerders wel toegelaat word om skole in die gebied te besoek en onderwysers sal toegelaat word om klas te gee.
Verdere inligting sal volg sodra dit beskikbaar word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'