Gallery
GROOT BRAKRIVIER NUUS - Matriekleerders van Groot-Brakrivier Sekondêre Skool was op Woensdag, 8 Januarie in ekstase toe die matriekuitslae bekendgemaak is.
Matrieks het opgewonde op- en af gespring en mekaar omhels.
Die skool het vanjaar 'n slaagsyfer van 85.7%. Verlede jaar se slaagsyfer was 90%. Die skool se top-leerder is Angelic Wesso.
Waarnemende skoolhoof, mnr ID Speelman was teenwoordig toe die matrieks hul uitslae by die skool kom haal het. Hy neem waar nadat voormalige skoolhoof, mev Angela Muller in Desember, skielik weens 'n hartaanval oorlede is.
Fotogalery: Groot-Brakrivier Sekondêre Skool 2019 matriekuitslae
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'