BEAUFORT-WES NUUS - Agt mense is tot dusver dood in 'n gru-botsing naby Beaufort-Wes.
'n Passasiersbus wat na die Oos-Kaap onderweg was het vanoggend omstreeks 02:00 die pad verlaat en omgeslaan.
Dit is onduidelik hoeveel mense beseer is, maar ons kan bevestig dat mense nog in die wrak vasgekeer is. Die AMS noodhelikopter is ingeroep om die span reddingswerkers van die Sentraal-Karoo nooddiens by te staan.
Volgens inligting wat ontvang is, is verskeie passasiers ook uit die bus geslinger.
Dit is nie bekend hoeveel passasiers aan boord was nie.
Die botsing het 53km buite Beaufort-Wes op die R61 tussen Beaufort-Wes en Aberdeen gebeur.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'