MOSSELBAAI NUUS - 'n Besoeker aan 'n plaaslike hotel het sy rieme styfgeloop teen vasberade polisiebeamptes wat nie misdaad duld nie.
Die polisie het op 'n wenk gereageer en op 26 Julie om 19:00 by 'n hotel op Mosselbaai toegeslaan. Daar het ao Van den Berg, sers Coetzer en kst Rabie beslag gelê op 770g dagga van 'n man wat van Johannesburg afkomstig is.
Die verdagte is gearresteer en het intussen in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van die besit van dagga.
Die straatwaarde van die dwelms is R7 000. Stasie-bevelvoerder, lt kol Albert Haggard loof die polisiebeamptes vir hulle voordurende goeie resultate teen dwelmhandel in die Mosselbaai-sakekern.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'