MOSSELBAAI NUUS - Die NG Kerk Hartenbos se jaarlikse potjiefees vind weer op Saterdag, 22 September vanaf 07:00 die oggend op die kerkterrein plaas wanneer die potmakers se potte begin prut.
"Ons beplan om soveel as 40 verskillende potte te maak, jy besluit van watter pot vir jy wil proe, en daarvoor betaal jy R10. Beweeg dan aan na die volgende pot en na drie tot vier porsies is jou bord, en jou magie propvol. Dit sluit natuurlik die bykossies ook in. Dis nou waarde vir geld," sê Heleen Coetsee.
Koffie, tee, koeksisters en melktert sal ook bedien word, asook nagereg.
Die potte word stiptelik om 12:00 oopgemaak om te skep. "Kom kuier sommer al vroeg en geniet gawe boeremusiek, verskaf deur Allen Green se orkes. Bring jou eie eetgerei saam, 'n polistireenbakkie werk nie so lekker nie."
Vir enige navrae, skakel vir Heleen Coetsee (044 695 0872 of 082 45 45 724).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'