MOSSELBAAI NUUS - Vier klasmaats van Hoërskool Punt se 2015-matriekklas het onlangs 'n uitsonderlike prestasie behaal.
Christo van Rensburg, Leigh Bongers, Jurie Zietsman en Kazia Luterek het saam as ingenieurs van die Universiteit van Stellenbosch op 9 Desember 2019 binne vier jaar gegradueer in die departemente - meganies (Christo en Kazia), elektries (Leigh) en bedryfs (Jurie).
Jurie, Kazia en Leigh was reeds klasmaats in Laerskool Park en Christo in Laerskool Hartenbos.
Al vier was in een registerklas vir hul hele hoërskoolloopbaan en op Punt se leerlingraad - Jurie was hoofseun.
Jurie is aangewys as die dux finalejaarstudent (bedryfsingenieurswese) en is genomineer vir die Kanseliersmedalje. Kazia het onder die top 10 in haar jaargroep geëindig.
Jurie, Leigh en Christo gaan vanjaar met hul meestersgraadstudies begin terwyl Kazia as ingenieur by 'n firma in Kaapstad aangestel is.
Die vier klasmaats wat saam graad gekry het is van links, Christo van Rensburg, Leigh Bongers, Jurie Zietsman en Kazia Luterek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'