MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie het vier verdagtes vasgetrek wat Saterdag omstreeks 12:00 'n huis in Mthalastraat ingegaan en by 'n vrou op dwelms aangedring het.
'n Struweling het ontstaan en die vrou (29) is aangerand. Die mans het die vrou op die grond neergegooi en van R374 beroof.
Sy is aangerand en ook met 'n mes op haar regterhand gesteek.
Die vrou was alleen tuis ten tye van die voorval.
Die vrou het die voorval by die polisiestasie aangemeld.
Twee polisielede, kst Taljaard en kst Ntaba het na die misdaadtoneel gegaan waar hulle die vier verdagtes steeds op die toneel aangetref en inhegtenis geneem het.
Sommige van die verdagtes is welbekend by die KwaNonqaba-polisiestasie vir vorige ondersoeke wat suksesvol teen hulle uitgevoer is.
Enige persoon met inligting oor die voorval word versoek om die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'